Laerskool Dirkie Uys

Inligting en toelating

TOELATING

Baie dankie dat u Laerskool Dirkie Uys as onderrig instansie vir u kind oorweeg. Om u aansoek so spoedig as moontlik te verwerk, maak asseblief seker dat u aansoek vergesel word van die nodige dokumente.

Registrasie by Weskaap Onderwys Departement

Aansoekvorm

Lys van afskrifte benodig

 SKOOLURE

Graad R                07:30-12:30

Graad 1-2             07:30-12:30

Graad 3                 07:30-13:00

Graad 4-7             07:30-14:00

SKOOLREELS

Laai die 2024 skoolreëls af.

KLERE BELEID 2024

Laai die 2024 skooldrag beleid af.

BIBLIOTEEK

Leerders kry geleentheid om boeke by die skool se Biblioteek uit te neem gedurende klastye.  Die Biblioteek is ook 1 keer ‘n week in die namiddae oop vir naslaanwerk en boeke omruil.

KOSHUISE

Leerders het die opsie om gebruik te maak van koshuis akkommodasie. Huis Môrelig huisves seuns van beide Laerskool- en Hoërskool Dirkie Uys terwyl Huis Botha die meisies akkommodeer. Beide koshuise het permanente inwonende hoofde wat na die welsyn en roetine van die leerders omsien.

Die koshuise het onlangs groot opgraderings ondergaan wat ‘n gemaklike huis-atmosfeer vir die leerders skep.  Die meisies koshuis is regoor die Laerskool geleë terwyl die seuns koshuis 200m van die Laerskool af is.

Kontak die kantoor vir enige koshuisverwante navrae.

Laai ook gerus die Aansoekvorm af (PDF Dokument, 270kb) vir koshuis akkommodasie asook n Inligtingsblad (PDF Dokument, 760kb) vir die seunskoshuis.

Vir die meisies koshuis laai ook die Aansoekvorm af (PDF Dokument, 270kb) af en laai die pamflet (PDF Dokument, 580kb) asook die algemene inligting (PDF Doument, 416kb) af.

 BUSROETES

WESKUS-ROETE

Die bus ry na die volgende dorpe Langebaan, Saldanha, Vredenburg en Velddrif. Hopefield leerders kan ook afgelaai/opgetel word.

Bus vertrek Vrydae 14h30 vanaf Moorreesburg.

 Vertrek Sondae as volg:

  • 15h45 Langebaan
  • 16h00 Saldanha
  • 16h15 Vredenburg
  • 16h00 Velddrif

Ons oorweeg ook binnekort ‘n Riebeeck-roete.  Koste: R250.00 vir ‘n naweek-kaartjie. (Vrydag & Sondag)

Toegewyde, gekwalifiseerde personeel

Ons resulate spreek vanself

Goeie, moderne fasiliteite

Verseker kwaliteit onderrig

Wye verskeidneheid van leerareas

Bybelonderrig, Geletterdheid, Rekenaarvaardigheid en nog vele meer.