Laerskool
Dirkie Uys

KULTUUR

Laerskool Dirkie Uys bied ‘n groot verskeidenheid kulturele geleenthede aan ons leerders. Dit is ons primêre doel om geleenthede vir leerders te skep om hul Godgegewe talente op elke terein ten volle te ontwikkel.

Ons moedig leerders en ouers aan om by kultuur aktiwiteite betrokke te raak soos die Lions se Internasionale Vredeskompetisies en Sanlam Eisteddfod. Kuns is deel van Kultuur waar leerders se skeppende vermoëns gestimuleer word.
Die skool beskik oor ‘n goed toegeruste konsertkamer. Leerders neem jaarliks deel aan ‘n konsert vir die ouers en die gemeenskap. Dit het al ‘n jaarlikse instelling geword wat niemand ooit wil misloop nie. Die onderwysers wys ook graag hul slag op die verhoog tot groot vermaak van die gehoor.

Verskeie kultuur aktiwiteite word aangebied, insluitend:

• Deelname aan verskeie sangfeeste
• Konserte
• Junior en senior kore
• Deelname aan kunstefeeste
• Deelname aan eisteddfods
• Buitelug uitstappies
• Avontuur klub
• Jaarlikse Bergrivier vlotvaart

Kontak die kantoor by Laerskool Dirkie Uys sou u meer inligting benodig oor die verskeidenheid kultuur aktiwiteite, alternatief voel vry om ñ epos te stuur ontvangs@ldu.co.za.