Laerskool Dirkie Uys Sport

By Laerskool Dirkie Uys is die deelname aan sport baie belangrik en handhaaf die skool ‘n gesonde sportkultuur, gekenmerk deur entoesiasme, positiewe deelname en spangees.
Laerskool Dirkie Uys is die gasheer skool vir verskeie sport toernooie en klinieke en skole van reg oor die weskaap besoek jaarliks Moorreesburg.

Ons is bevoorreg om ñ wye verskeidenheid van sport soorte aan te bied en leerders is aktief betrokke by plaaslike, streek, asook nasionale sport byeenkomste. Die deelname aan sport ondersteun sosiale, emosionele en motoriese ontwikkeling.

Somer sport aktiwteite

Swem, Atletiek en Tennis, Krieket.

Winter sport aktiwiteite

Rugby, Hokkie en Netbal

Deurlopende

Skaak

Atletiek

Laerskool Dirkie Uys se Kleure-atletiek is verseker een van die hoogtepunte.  Alle leerders in die skool kry geleentheid vir deelname by die massa byeenkoms. 

Ons spog met atlete wat jaar na jaar vir die Bolandspan gekies word en aan die S.A-kampioenskappe deelneem. 

Deur harde werk en dissiplinie, word daar groot suksesse op die atletiekbaan behaal.

Swem

Swem is ‘n somersport wat tydens die eerste en vierde kwartaal plaasvind.  Ons jaar skop af met ‘n kleure swemgala, wat een van ons skool se hoogtepunte is. Die fokus is op massa-deelname, genot en gees. 

Laerskool Dirkie Uys poog om swemtegniek, sportmangees en fiksheid te ontwikkel van elke swemmer. 

Verskeie van ons swemmers neem jaarliks aan nasionale klubkampioenskappe deel.

Tennis

Tennis bevorder goeie sportmanskap, balvaardighede, oog- en hand koördinasie en dissipline. 

By Laerskool Dirkie Uys het ons afrigters wat elke tennisspeler help om sy/haar volle potensiaal te bereik. 

Tydens wedstryde word goeie kompetisie aangemoedig, maar die genot van die spel kom altyd eerste.

Krieket

Die nodige tegnieke word reeds vanaf Gr 1 en 2 geleer en spelers se vaardighede en potensiaal word ontwikkel. 

Elke speler kry ‘n regverdige kans vir blootstelling en deelname aan die sport.

Deur middel van uitstekende afrigting en positiewe deelname groei ons krieket jaar na jaar. 

Goeie sportmangees word aangemoedig en ontwikkel by die spelers.

 

Rugby

By Laerskool Dirkie Uys is ons missie om afrigting op ‘n volgehoue hoë standaard af te rig en elke speller tot sy volle potensiaal te ontwikkel. 

Elke span beskik oor n gekwalifiseerde onderwyser-afrigter en verskeie toernooie en klinieke word bygewoon om ons seuns se vaardighede te ontwikkel. 

Hier fokus ons op meer as net rugby en poog om by elke seun die liefde vir die spel rugby te kweek.

Netbal

Elke dogter by Laerskool Dirkie Uys kry die geleentheid om haar talente op die netbalbaan te ontwikkel. 

Ons dogters neem jaarliks deel aan plaaslike proewe en verskeie spelers het al ons skool op provinsiale vlak verteenwoordig. 

Laerskool Dirkie Uys beskik oor gegradeerde afrigters en word spelers vanaf O/6 toegerus met die nodige vaardighede, sodat hulle hoë hoogtes kan bereik.

Hokkie

By Laerskool Dirkie Uys word Hokkie vir O/9 tot O/13 seuns en dogters aangebied. 

Positiewe spangees is kenmerkend aan die TIERE se hokkieseisoen. 

Hokkie afrigters/skeidsregters doen elke jaar eksamens en woon ‘n afrigtingskliniek by, om te verseker die spelers ontvang afrigting van bostaande gehalte.

Laerskool Dirkie Uys Somer Sport

Atletiek

Tennis

Swem

Krieket

Laerskool Dirkie Uys Winter Sport

Rugby

Hokkie

Tennis

Laerskool Dirkie Uys Deurlopende Sport

Tennis

Skaak