Laerskool Dirkie Uys

Akademie

Laerskool Dirkie Uys se toegewyde personeel is almal professioneel gekwalifiseerd om hoogstaande onderrig aan leerders te bied.  Die personeel van Laerskool Dirkie Uys is nie net ñ bate vir die skool nie, maar ook vir al ons leerders en die gemeenskap. 

Verder beskik die skool ook oor die nodige fasiliteite om hoë kwaliteit onderrig aan te bied.

Dit sluit ñ toegeruste leersentrum en ñ moderne rekenaar sentrum in. 

“Robotics” deel van Laerskool Dirkie Uys se kurikulum!

Robotics is daarop gemik om leerders se kodering en robotika-vaardighede te verbeter. Vanaf 2023 vorm hierdie vak deel van Laerskool Dirkie Uys se kurikulum.  As deel van die onderrig, maak ons gebruik van “Resolute” stelle wat ‘n kritieke deel uitmaak van leerders se praktiese leerervaring. 

Hulle sal alles leer van die basiese beginsels van kodering, die skep van klein stories, die teken van komplekse vorms en die bou van hul eie speletjies.  

Die kursusse begin met voorafgeboude stelle en blokgebaseerde kodering, en beweeg uiteindelik aan na meer gevorderde onderwerpe soos die samestelling van komponente vanaf eerste beginsels en kodering in gevorderde tale.  

Sodra leerders die basiese kennis van rekenaars en robotte en hul komponent opgedoen het, vorder hulle na ‘n inleidende kursus oor Resly. Hulle sal hul kennis op ‘n verskeidenheid maniere toepas om hul nuutgevonde begrip te toets. 

Hierdie kursus sal leerders bekendstel aan die mees fundamentele wiskundige en taalkonsepte wat in ingenieurswese, robotika, rekenaarwetenskap en kodering gebruik word.

“Resolute” –  ‘n Praktiese benadering tot ‘n teoretiese wêreld. 

Onderrig geskied in Afrikaans en klasse word ook klein gehou om te verseker dat leerders individuele aandag ontvang.  Die volgende leerareas word by Laerskool Dirkie Uys aangebeid: 

  • Geletterdheid
  • Gesyferdheid
  • Lewensvaardigheid
  • Rekenaarvaardigheid
  • Afrikaans, 1ste taal
  • Engels, 2de taal
  • Wiskunde
  • NWT, Natuurwetenskap en Tegnologie
  • Geskiedenis
  • Aardrykskunde
  • TEG, Tegnologie
  • MSW, Menslike en sosiale wetenskap
  • EBW, Ekonomiese Bestuurswetenskap
  • Kuns en Kultuur

 ASSESSERING EN VERSLAGGEWING

 Leerders word deurlopend geassesseer sodat  die klem op prosesevaluering eerder as op produkevaluering gelê word.   Prosesevaluering verwys na die leerder se beheersing van nuwe konsepte wat aangeleer is of wat op daardie stadium van hom/ haar verwag word om te kan beheers.

 Dit word gereeld, voortdurend of deurlopend tydens die klasperiode gedoen.  Produkevaluering verwys na dit wat ‘n leerder tydens ‘n eksamen onthou van alles wat hy/sy geleer het. 

Verslag van die leerder se vordering word gedurende Maart, Junie, September en Desember aan die ouer gestuur wat dit bestudeer, onderteken en na die skool terug stuur. 

Oueraande word kwartaaliks gereël sodat ouers hul kinders se vordering met die onderskeie onderwysers kan bespreek. 

Ons resultate is ñ bewys van uitmuntende onderrig aan ons leerders, ons trots! 

 PRYSUITDELING 

Die prysuitdeling vind aan die einde van die jaar plaas en daar word erkenning aan die Gr. 7’s gegee wat op akademiese-, sport- en kultuurgebied presteer het. 

Vir elke leerarea is daar ‘n prys (geldprys) vir die leerder wat die hoogste gemiddelde punt daardie jaar behaal het (geldprys).  AL vier kwartale se punte word dus in berekening gebring om die onderskeie pryse toe te ken. 

Sportprestasies kry ook erkenning (trofeë) en so ook op kultuur gebied (geldprys).  Laerskool Dirkie Uys glo daaraan om erkenning te gee aan hul leerders en dit is een van dié hoogtepunte op die skool se kalender.

Toegewyde, gekwalifiseerde personeel

Ons resulate spreek vanself

Goeie, moderne fasiliteite

Verseker kwaliteit onderrig

Wye verskeidneheid van leerareas

Bybelonderrig, Geletterdheid, Rekenaarvaardigheid en nog vele meer.