Mnr Smit gee ‘n pragtige boodskap tydens ons laaste saalbyeenkoms vir die derde kwartaal. Ek lê jou by Jesus se voete neer.

 

Gr R spaarblikkie wenners vir 2019! Baie geluk!

Baie geluk aan Minke-Marie Stemmet (Gr. 1) wat aangewys is as die streekwenners vir Poetry: English Additional Language en Adelene Vorster (Gr. 7) vir Afrikaans gedig. Hul ontvang hul medaljes by die Pryswennerskonsert!
Baie geluk, ons is baie trots op julle!

Adele’s School of Ballet eisteddfod presteerders! Baie geluk met die uitstekende prestasies! Ons is trots op julle!

Donderdag 12 September het hierdie leerders deelgeneem aan Acrofit gimnastiek en uitstekend presteer! Baie geluk!

Gr 4 -7 top drie presteerders vir kwartaal 3 – 2019. Baie geluk! Afwesig op Gr 7 foto: Karli Brink

Lions’ Plakkaatkompetisie 2019. Journey of Peace. Baie geluk aan ons wenners:

Mari Kemp – 1ste
Mieke Tolken – 2de
Karli Brink- 3de

Ons is trots op julle! Dankie tannie Susan vir jou passie vir die kuns! Ons waardeer dit

Lumé neem deel aan die Nasionale Juegskou byeenkoms in Vryburg vanaf 22-25 September 2019. 461 Kinders in verskillende afdelings en provinsies neem hier deel. Die Maandag was dit toets skryf, was en voorbereiding op al die diere. Lumé behaal 1ste plek in haar afdeling met Skouman. Woensdag was groepskou, maar al die afdelings neem nie daaraan deel nie. Pluimvee is een van hulle.
Lumé is een van 13 juniors ek ook die jongste. Sy behaal ‘n algehele derde plek Nasionaal in die Junior Pluimvee afdeling!
WP is weer die algehele wenners van die Nasionale Jeugskou te Vryburg!
Baie geluk Lumé jy maak ons trots!