Baie geluk aan ons Leerders van die week!

Die volgende ballerinas het almal ballet eksamen gedoen, almal het geslaag met meriete, behalwe Emily Liebenberg slaag met onderskeiding. Baie geluk aan ons ballerinas van Adele’s School of Ballet.  Ons is trots op julle!

Die volgende karate manne en dames het deelgeneem aan die Weskus Ontwikkelingstoernooi! Hulle het baie goed gedoen en verskeie medaljes ontvang! Baie geluk!

Swem Uitnodingsgala. Baie geluk aan al ons swemmers wat pragtig presteer het. Baie geluk aan Emily Liebenberg wat vier goue medaljes en Aimee wat 3 silwer en 1 goud ontvang het. Baie geluk ons is trots op julle!