Baie geluk aan al ons Tiertjies wat so mooi werk en presteer! Ons is trots op elke tiertjie!

Willem de Waal het die seuns 0/14 enkels titel by die Boland Sportmans Warehouse Mini Tennistoernooi in die strand gewen! Baie geluk Willem!

Boland Sportmans Warehouse Mini Tennistoernooi: Cornel du Toit seuns 0/14 het in die silwergroep 3de geeindig. Franco Rust seuns 0/12 het in die platinumgroep 11de geeindig en Anesce du Toit dogters 0/12 het in die platiumgroep deelgeneem en 7de geeindig! Baie geluk Tiertjies, ons is trots op julle!
Albert van der Merwe en Jandre Kamfer het Saterdag 24 Augustus deelgeneem aan Karate Suid-Afrika se Weskus Proewe. Albert het brons gekry vir kata en silwer vir Kumite (vegkuns). Jandre wen ‘n goue medalje in Kumite (vegkuns) en word ook in aanmerking geneem vir die Weskus Span. Baie geluk!