Leerders van die week! Baie geluk Tiertjies!

GEMINI SANG KOMPETISIE
Milla van Dyk (Dogters 11-12 jaar): Milla neem deel met 2 liedjies aan die finale rondte. Wen 1ste plek – goud, vir Musical en Broadway en 2de plek – silwer vir Kontemporêr
Meir van Niekerk (Dogters 11-12 jaar) Sy wen die volgende:
Komtemporêr: 1ste plek – Goud
Gospel: 1ste plek – Goud en wisseltrofee vir die algehele hoogste punt.
Jazz: 1ste plek – Goud
Muscial: 2de plek – Silwer
Country: 1ste plek – Goud
Baie geluk!
Eisteddfod Afrikaanse Voordrag – Gr R
Goud:
Geea van Niekerk
Cleoné Barnard
Emke Truter
Silwer:
Jolynn Lewies
Dominique Crow
Baie geluk klein tiertjies!

Willem de Waal – SA Tennisster


Willem de Waal – SA Tennis en Dirkie Uys Tennisster! Willem ons is ongelooflik trots op jou! Willem is tans in Morocco en speel daar tennis, wat ‘n ongelooflike ervaring is! En die beste is dat Willem vir die SA span gekies is wat 28 Augustus 2019 weer Marokko toe vertrek! As jy nog nie vir Willem de Waal 12 jaar oud gesien speel het nie, sal jy verseker ‘n plan moet maak! Hy speel fantasties! Willem ons is bevooreg dat jy deel is van Laerskool Dirkie Uys en ons is ongelooflik trots op jou! Baie baie geluk met die ongelooflike prestasie! Geniet elke oomblik in Morocco!