TANDARTS BESOEK
Gr R tot Gr 3 besoek die tandarts. Baie dankie aan dr Iretha van der Grijp
Leerders van die week! Baie geluk!
Ons gala-swemmers het uitstekend gevaar by Hoërskool Hopefield se swemgala en het onder hulle ‘n totaal van 12 medaljes ingepalm.
ATLETIEK
Baie geluk aan ons atlete wat almal ‘n medalje verower het by laas Saterdag se Wes-Boland byeenkoms. Hulle is dan ook gekies om Wes-Boland te verteenwoordig by die Boland kampioenskappe op 16 Februarie! Sterkte!
Afwesig: Caleb Cornett en Luzay Smit
Caleb Cornett – Boland verwerf vir sy Hekkies! Uitstekend Caleb
KRIEKET
Baie geluk aan JH Kleynhans en Zander Truter wat opgeneem is in die Weskus-Suid (Wes-Boland) oefengroep vir o/13 Krieket!
Mini-Krieket: Hugo Rust
Hierdie krieketspelers het Vrydagmiddag deelgeneem aan Hugo Rust se mini-krieket fees by Landbouskool Boland se gronde. Alhoewel hulle gemengde resultate gehad het, het dit nie die spelers en speelsters gekeer om dit gate uit te geniet nie