Amila Smit het die afgelope naweek aan die “Infinity” Ritmiese Gimnastiekbyeenkom te La Rochelle, Paarl deelgeneem.
Sy verwerf ‘n 1ste plek goue medalje vir haar hoepelroetine en ‘n algehele 2de plek, silwer medalje, vir haar hoogste punt op deelnemende Vlak 2 – 0/8.
Baie geluk Amila met die uitstekende prestasie ons is baie trots op jou!

Adeline Geldenhuys het Saterdag 23 April deelgeneem aan die Cape Town District Trails. Sy het n goue medalje ontvang vir Black Top en n brons medalje vir mini trampoline. Sy is deur na die Western Cape Championships wat in Junie plaasvind.
Anei du Plessis het ‘n silwer en goue medalje gewen. Sy is ook deur na die Western Cape Championships. Baie geluk julle! Ons is baie trots op julle