Nuus
Bring & Braai Maart 2011

Die aand van die 31ste Maart was daar 'n bring & braai by Laerskool Dirkie Uys aangebied. Dit was gereël deur die OOV en die Bemarking van die skool. Almal was onseker wat die weer gaan doen!!
Die weer het heerlik uitgedraai en die vure het hooggebrand. Daar was plus minus 50 mense en 30 kinders. Die kinders het speletjies gehad om hulle mee besig te hou. René Horn het daarvoor gesorg. Daar was kersie aansteek, boontjies met breipenne optel, 'n raai speletjie ens. Die ouers het heerlik saamgekuier om die vure. Daar was stokbrood vir die kinders om te braai. Hulle het dit baie geniet. Daarna was die Paaseiers weggesteek, wat baie opwindend was.
Mnr Smit was teenwoordig en die kinders het sy geselskap baie geniet.
Dié aand was baie baie lekker, almal het gesê die aand was 'n reuse sukses.
Dit sal beslis weer aangebied word.

2012 Datums

2 Mei
Rugby en Netbal @ Riebeek Kasteel (weg)

3 Mei
Hokkie @ Topolino (tuis)

4 Mei
Entrepreneurs Markdag

7 Mei
Hokkie @ LS Swartland (weg)

9 Mei
Rugby en Netbal @ LS Swartland (weg)

10 Mei
Gr. 7 Opedag by HDU

12 Mei
Rugby en Netbal by Olifantsvallei Sportdag op Citrusdal

13 Mei
Moedersdag

14-18 Mei
Gr. 7 Burgerstrandhuis

16 Mei
0/8 - 0/12 Hokkie
@ Curro (tuis)

18 Mei
0/11A Netbaltoernooi by Riebeek Kasteel (weg)
Entrepreneurs Markdag
UITNAWEEK

19 Mei
Prestige skaak laerskole toernooi, Worcester

26 Mei
Rugby, Netbal en Hokkie @ LS Hugenote (tuis)

29 Mei
Dirkie Uys Got Talent - LDU Skoolsaal

30 Mei
Hokkie @ LS Vredenburg (weg)

1 Junie
Skaak Interskole @ LS Welgemoed (tuis)
Entrepreneurs Markdag

2 Junie
Interskole @ LS Welgemoed (tuis)

5 Junie
Gr. 4 - 7 EKSAMEN BEGIN

8 Junie
0/7 - 0/9 Rugby en Netbal by LS Riebeek
Kasteel Sportdag (weg)

15 Junie
Gr. 4 - 7 EKSAMEN EINDIG

16 Junie
Jeugdag

17 Junie
Vadersdag

22 Junie
SKOOL SLUIT OM 10:30

 

 

 

AGRIZONE WIRELESS INTERNET
AGRIZONE WIRELESS INTERNET
© 2011 Agrizone Wireless Internet
Laaste opdatering 05.12.2011
This is a LUZ production
E-Mail Webmaster