Laerskool Dirkie Uys, die wenspan

 

Mnr Smit, skoolhoof van Laerskool Dirkie Uys

Mnr Smit, Skoolhoof van Laerskool Dirkie Uys

By Laerskool Dirkie Uys is ons almal deel van ñ wenspan, ñ span wat verseker dat ons leerders se belange eerste gestel word. By Laerskool Dirkie Uys bestaan ons wenspan uit die volgende:

a. Toegewyde personeel waarop ek baie trots is
b. Ons leerders, ons trots
c. Leerders se ouers
d. Die gemeenskap.

Die bogenoemde vier elemente verseker dat Laerskool Dirkie Uys voortdurend streef na ongekende sukses.

By Laerskool Dirkie Uys is ons fokus op, akademie, kultuur asook sport. Ons glo dat die drie elemente die bousteen vorm van enige leerder se toekoms.

Maar, ons kan ons opvoedingstaak nie behartig sonder die volgehoue ondersteuning van ons ouers en die gemeenskap nie. Ons waardeer opreg elkeen se insae en moeite wat gedoen word om die wenspan te ondersteun.